What I Do

Hoekom is ek ‘n juffrou, mamma en motiveringspreker?

Die dag as jy ʼn ma word, ontvang jy ook hartchirurgie. Soos wat die babatjie in hierdie lewe inkom, gaan jou hart saam met jou kind.
Jou hart kry voete en arms, en begin buite jou liggaam rond hardloop.

Dan kom die terrible two’s en die fearsome three’s en die f@#$% fours en die fabulous five en die tricky six en die onseker seven van groot skool toe gaan…. en jy kan nie help om te wonder hoekom jy nou weer kinders gekry het nie. Wat nog te praat van die tiener stadium…..oh my goodness!(en ek het 2….11maande uitmekaar….moenie vra nie🙈😄)

Die grootste uitdaging is egter daardie tye wanneer jy jou hand op jou hart sit en dan moet besef dis nie meer daar nie… Jy kyk na jou kind in lewende lywe voor jou en jy weet dat jy net kan toekyk en niks doen aan die situasie waardeur hulle moet gaan nie. Die trane wil loop maar jy weet jy moet dit nie stort nie, omdat dit dalk vir hulle die oomblik selfs moeiliker kan maak en hulle moet ongelukkig soms op die harde manier leer, sodat dit hulle toekoms makliker sal maak.

Ek besef weer….Ma wees is nie vir sissies nie! MAAR ek besef ook om ‘n ma te wees, is die edelste beroep wat enige vrou kan volg, want jy gee jouself, jou alles, om ‘n kind joune te noem. ‘n Ma sal enige iets vir haar kind doen. Wanneer dit by haar kind kom is sy beter as die FBI.

Salig sleep sleep ek maar my voete en gaan help my kinders met hul magdom take wat afgehandel moet word…….want jy is ook darem afterall ‘n goeie ma – al beweer die kids soms anders….nee en ons mag nie Chat AI of GPT gebruik nie.🫣🤭

Dis edel om ‘n ma te wees en jou eie lewe te gee vir die uit jou lyf wat jy💙 myse eie tjind 💙noem! Al voel dit nie soms so nie. Ek verruil ma wees vir niks nie…..

The Ben Book Series

Ben en die groot toets

Ben moet sy eerste groot toets skryf, en hy is bang hy gaan nie al die spel-woorde kan onthou nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie, en dit gee hom nuwe moed. Zuléka Smit se pragtige storie oor die angstigeheid van skool en toetse is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Ben gaan skool toe

Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou! Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak. Zuléka Smit se pragtige storie oor die onsekerheid van skool toe gaan is gebaseer op haar baie jare in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Ben en die boelies

Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die Koen-tweeling maak hom bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit bang hoef te wees as Jesus by hom is nie. Ben ontdek dat daar ander maniere is on boelies te hanteer.

Shop coming soon

News

Zuléka Smit ken ’n kind se hart

– Maroela Media

Boek: ‘Ben gaan skool toe’ – Zuléka Smit

– Maroela Media

Paarl-juffrou wen Woordveertjie vir storie oor kinders met angs

– Maroela Media

Video: Paarl-juffrou se oulike plan om kinders veilig te laat voel

– Maroela Media

Canan Moodie’s heartwarming visit to grade one teacher

– The South African